Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Die Son skyn helder op Spurs, Liverpool

Dink net daaraan: drie van die wêreld se gevaarlikste doelskieters, Gareth Bale, Harry Kane en Son Heung-Min Li, in een span.

Dit is die vooruitsig waarna Tottenham Hotspur se ondersteuners in die Engelse Premierliga kan uitsien sodra Bale deur Real Madrid vrygestel word en aan sy ou klub geleen word.

Selfs sonder Bale het Spurs Sondag een van hul beste vertonings gelewer toe hulle Southampton met 5-2 afgeransel het.

Son Heung-min het ’n vierkuns aan doele behaal en weer getoon hoeveel waarde hy toevoeg.

Dié Suid-Koreaan en Kane het vir al vier doele saamgespan nadat Southampton die voortou geneem het, maar nie die pas kon volhou nie.

Om die kersie op die koek te plaas, het Kane die vyfde doel aangeteken.

Liverpool se Sadio Mane vier sy tweede doel Sondagmiddag teen Chelsea. Foto: Reuters

• Op Stamford Bridge het Liverpool sy tweede opeenvolgende oorwinning behaal toe hy Chelsea met 2-0 geklop het.

Chelsea, wat sy dik beursie uitgehaal het om die span te probeer versterk, moes met tien spelers klaarkom nadat

Andreas Christensen afgestuur is. Christensen het Sadio Mane, wat vir albei Liverpool se doele gesorg het, om die nek beetgekry en op hom geval met die gevaarlike doelskieter op pad doelhok toe.

Die skeidsregter, Paul Tierney, het Christensen aanvanklik net met ’n geelkaart gestraf, maar is deur die VAR-beamptes aangesê om die voorval weer op video onder oë te neem. Daar het hy genoeg gesien om ’n rooikaart vir die Deen te flits.

Liverpool was voor die voorval ten volle in beheer en het die blapse van Chelsea se doelwagter, Kepa Arrizabalaga, uitgebuit nadat hy weer ’n nagmerrie beleef het. Die grootste daarvan het gelei tot Mane se tweede doel, nadat die doelwagter die bal direk in die Senegalees se pad ingeskop het.

• Daar was nie net trane vir Chelsea nie, maar ook vir nóg een van die Engelse reuse, Manchester United.

United het sy rieme Saterdagaand teen Crystal Palace op Old Trafford vasgeloop.

Wilfried Zaha, wat deur United aan Crystal Palace verkoop is, kon homself nie keer nie en het letterlik tong aan sy oud-spanmaats uitgesteek.

Soos sake nou staan, verloor Man United elke keer £5 miljoen wanneer hy tuis sonder toeskouers speel.

Daar word ook vrae gevra oor die bedrag van £160 miljoen – die meeste deur enige klub – wat Man United reeds aan spelers bestee het. Duidelik werp dit nie die nodige vrugte af nie.

• In ander aksie die naweek het Arsenal West Ham met 2-1 geklop en Brighton het gekook toe hy ’n sege van 3-0 oor Newcastle United behaal het. – Reuters, BBC Sport

Meer oor:  Engelse Premierliga  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.