Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Dit gaan ‘Kloppdisselboom’ met Reds
Jürgen KloppFoto: Getty Images

Liverpool se Jürgen Klopp sal tot 2024 nog aan die stuur van die Reds wees.

Die Engelse sokkerklub, wat die afgelope paar jaar gedy onder die Duitse bestuurder, het die aankondiging Vrydag op liverpoolfc.com bevestig.

Die 52-jarige Klopp het hom in 2015 ná sewe baie suksesvolle seisoene by Borussia Dortmund by Liverpool aangesluit.

Die Reds het die vorige seisoen die Europese Kampioeneliga gewen deur Tottenham Hotspur met 2-0 in Madrid te klop nadat hulle die seisoen voor dit met 1-3 die eindstryd teen Real Madrid verloor het.

Liverpool het die vorige seisoen in die Premierliga net een wedstryd verloor. Sy 97 ligapunte was sy meeste nog, maar nie genoeg vir die titel nie.

Manchester City het die titel met ’n enkele punt gewen. Liverpool is dié seisoen baie goed geplaas en is agt punte voor sy naaste teenstander ná 15 oorwinnings in sy eerste 16 wedstryde. – Sportredaksie

Meer oor:  Jurgen Klopp  |  Liverpool  |  Engeland  |  Afrigter  |  Reds  |  Premierliga
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.