Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Dis in ons hande, sê Bafana-kaptein

Die goeie ding is dat kwalifikasie vir die Afrikabekertoernooi in hul eie hande lê, terwyl Libië eers Suid-Afrika se sokkerspan op die puntelys moet verbysteek voordat hy kan kwalifiseer.

Só sê Thulani Hlatshwayo, Suid-Afrikaanse kaptein, aan die vooraand van die spanne se beslissende laaste groepwedstryd om vir die toernooi om die Afrikabeker in Egipte te kwalifiseer.

Thulani Hlatshwayo, Bafana Bafana se kaptein. Foto: Gallo Images

Bafana Bafana kan Sondag in Sfax, Tunisië met die enkele punt van ’n gelykopuitslag, hul plek bespreek.

Die Meditteranean Knights móét egter wen om plekke met Suid-Afrika in die tweede plek te ruil.

Hoewel Libië se 15 doele die meeste tot dusver is, moet genoem word dat 13 daarvan teen die Seychelles was.

Suid-Afrika is op sy beurt weer die span wat die minste doele afgestaan het.

Hlatshwayo is trots op hul verdedigingslinie, wat slegs ’n enkele doel tot dusver – teen Nigerië in Johannesburg – laat deurglip het.

“Ons het nog net een doel in vyf groepstryde afgestaan. Ons het boonop nog nie een wedstryd verloor nie, wat wys dat ons iets reg doen,” het die kaptein aan safa.net gesê.

Kritici sal egter daarop wys dat die span se afronding hom telkemale gepootjie het. Hy kon net 9 doele tot dusver aanteken, waarvan ses in een wedstryd teen die Seychelle was.

Die twee gelykopuitslae sonder enige doele teen die einste Seychelles in Victoria en Libië in Durban is inderdaad die rede waarom Suid-Afrika nie reeds gekwalifiseer het nie.

Die doelwagter Itumeleng Khune, wat op sy stukke was in die spanne se vorige wedstryd in September in Durban, is een van vyf spelers wat toe in aksie was wat nie die keer die reis na Tunisië meegemaak het nie.

Die span het tot dusver in die hoofstad geoefen en sal Donderdag na Sfax vertrek.

Libië het sedert die spanne se vorige ontmoeting ’n nuwe afrigter aangestel. Die voormalige middelveldspeler Fawzi Al-Issawi is aangestel in die plek van Adel Amrouche, wat in Oktober bedank het.

Meer oor:  Bafana Bafana  |  Thulani Hlatshwayo
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.