Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Dís waarom Banyana steeds segeloos is

Verbroude kanse.

Dít was die Suid-Afrikaanse vrouesokkerspan se doodsteek in sy tweede Wêreldbeker-nederlaag agtereenvolgens.

Ying Li kry voet by vir China se doel teen Banyana Banyana. Foto: Getty Images

Só het Desiree Ellis, Banyana Banyana se afrigter, gesê ná China haar span Donderdagaand met 1-0 in Parys getroef het.

China, 16de op die wêreldranglys, het met ’n doel in die eerste helfte in die wedloop gebly om die uitspeelfase te haal.

Ellis het agterna haar span se vermoë betreur om die enkele kanse wat daar vir hom op die Parc des Princes was, of halwe kanse soos sy dit gestel het, te benut.

Banyana Banyana, met vier veranderinge vir die wedstryd, was meer mededingend in die tweede helfte, maar dit het nooit gelyk of hulle ’n gelykmaker gaan behaal nie.

Kholosa Biyana se flou langafstand-poging in die 62ste minuut – reguit na die doelwagter – was Banyana se eerste en enigste van vyf doelpogings wat op koers was.

In die eerste helfte het die haastige Thembi Kgatlane ’n slag op haar eie weggebreek, net om aan die einde erg skeef te korrel.

“Dis die storie op die oomblik: ons kry kanse maar ons benut dit nie,” sê Ellis.

China het in die eerste helfte ’n handvol kanse met hoekskoppe gehad, maar kon eers in die 40ste minuut welslae behaal toe Ying Li voet bygekry het ná ’n dwarsaangee.

“Dit was bloot ’n insinking van konsentrasie en toe is die bal in die net,” sê die breier.

Sy sê dis iets wat nie bekostig kan word teen topspanne nie, want hulle sal dit dadelik uitbuit.

Ellis sê sy haal nietemin haar hoed af vir die spelers wat hulle koppe omhoog kan hou en wat alles gegee het.

“Hulle (die Chinese) weet hulle was in ’n wedstryd gewees.”

“Niemand het ons ’n kans gegee in dié toernooi nie, want ons is in ’n taai groep, maar ons het baie naby gekom in albei ons wedstryde tot dusver.”

Sy wys daarop dat Suid-Afrika (49ste op die wêreldranglys) sover gewys het hy is nie daar bloot om getalle vol te maak nie.

Banyana Banyana se laaste groepwedstryd is Maandag in Montpellier teen die onoorwonne Duitsland, wat reeds met China en Spanje afgereken het.

Ellis sê hulle sal soos in die laaste twee wedstryde enduit alles gee. Sy sê dalk rol die bal die keer reg vir hulle.

Meer oor:  China  |  Wb-Toernooi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.