Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Druk op Duitse sokkerbaas ná Nazi-uitlating

Fritz Keller, president van die Duitse Sokkervereniging (DFB), het aangebied om volgende week aan die einde van ’n sporthofverhoor te bedank oor sy vergelyking van 'n visepresident met 'n berugte Nazi.

Fritz Keller gaan waarskynlik die prys betaal vir sy Nazi-kommentaar. Foto: Getty Images

Keller, wat in September 2019 as president oorgeneem het met ’n mandaat om die beheerliggaam reg te ruk wat die laaste tyd gebuk gaan onder ’n skandaal oor onreëlmatige besteding, word in die sporthof aangekla weens ’n opmerking wat hy teenoor visepresident Rainer Koch gemaak het.

Verskeie ander topbeamptes sal na verwagting ook hul poste ontruim.

“President Fritz Keller het verklaar hy is gereed om te bedank sodra die proses by die DFB-sporthof op 17 Mei ten einde geloop het,” sê die DFB in ’n verklaring.

Keller het in April verwys na Koch, ’n siviele regter, as “Freisler”, ’n verwysing na die berugte Nazi-regter Roland Freisler, ’n deelnemer aan die konferensie in 1942 waartydens die Nazi’s hul “finale oplossing” om die Jode uit te wis beplan het.

Hy het om verskoning gevra maar geweier om te bedank nadat die DFB se nasionale en streeksfederasies hul ondersteuning onttrek het en hom gevra het om die tuig neer te lê.

Hoofsekretaris Friedrich Curtius, met wie Keller in ’n bitter stryd betrokke was vir beheer binne die DFB, vat ook die pad.

Die DFB is die wêreld se grootste sportfederasie met meer as sewe miljoen geregistreerde lede.

– Reuters

Meer oor:  Dfb  |  Bundesliga  |  Nazi's  |  Nazi  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.