Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Mourinho praat groot, al is sy pos in gedrang
Man United se Mourinho: ‘Ek bly tops’

Hy is nie net die afrigter van een van die beste sokkerspanne ter wêreld nie, hy is ook een van die beste afrigters ter wêreld.

So het José Mourinho, Manchester United se breier, Vrydag gesê ná ’n week vol omstredenheid nadat sy span Maandag met 3-0 teen Tottenham Hotspur in die Engelse Premierliga verloor het.

José Mourinho.Foto: REUTERS
Pep Guardiola

Mourinho het Maandag ná dié nederlaag uit ’n mediakonferensie gestap nadat hy joernaliste gemaan het om die nodige respek aan hom te betoon aangesien hy die Engelse Premierliga reeds drie keer as ’n afrigter gewen het.

Vrydag, aan die vooraand van sy span se Premierliga-wegwedstryd vandag teen Burnley, het hy sy eie vermoë en indrukwekkende CV weer benadruk.

“Ek het reeds agt titels gewen. Ek is die enigste afrigter wat al in Italië, Spanje en Engeland gewen het,” het hy gesê.

Mourinho het Chelsea na drie Premierliga-titels gelei – in 2004-’05, 2005-’06 en 2014-’15. Hy het die Italiaanse Serie A saam met die klubspan Interna­zionale in 2008-’09 en 2009-’10 gewen, die Spaanse La Liga in 2011-’12 saam met Real Madrid verower en die Portugese Premierliga in 2002-’03 en 2003-’04 saam met Porto gewen.

“Dit is nie klein titels wat ek gewen het nie, dit is titels met aansien, en my tweede plek verlede seisoen (in die Premierliga) was een van my grootste prestasies tot nog toe in sokker,” sê hy.

Volgens berigte in die Engelse media kan Mourinho se pos in die gedrang kom as sy troepe vandag teen Burnley verloor.

Pep Guardiola, Manchester City se breier, het intussen gesê hy verstaan waarom Mourinho nou onder skoot kom.

“Dit is ongelukkig die aard van ons werk. Ons werk is afhanklik van uitslae,” sê Guardiola.

“As ons wen, is ons goed en as ons nie wen nie, is ons nie goed nie – dis so eenvoudig soos dit.”

Guardiola het ook vir Mourinho in die bres getree.

“Jy word beoordeel op hoeveel titels jy gewen het, maar ek probeer afrigters nie nét daarop beoordeel nie.

“Maar wat Jose in al daardie plekke waar hy gewerk het, bereik het . . . ek haal my hoed af. Daar is geen kwessie oor sy gehalte nie.”

Mourinho sal hoop sy Rooiduiwels kan vandag terug op die wenpad kom. Voor die vierde ronde van wedstryde het United die 13de plek op die puntelys beklee met slegs een sege en twee nederlae ná drie wedstryde.

  • Intussen het Liverpool gister sy segetog in vanjaar se Premierliga voortgesit met ’n sege van 2-1 oor Leicester City.

Met vier seges ná vier wedstryde het Liverpool nou sy beste begin tot ’n seisoen gemaak sedert 1990. Alisson, Liverpool se nuwe doelwagter, sou ’n groot sug van verligting slaak nadat die eindfluitjie geblaas het.

Hy het ’n groot flater begaan deur nie die bal weg te skop naby sy doelhok nie. Leicester het die bal by hom afgeneem en Rachid Ghezzal het ’n doel aangeteken om die telling 2-1 te maak.

  • Nog uitslae: Crystal Palace 0, Southampton 2; Everton 1, Huddersfield 1; Brighton 2, Fulham 2; Chelsea 2, Bournemouth 0; West Ham 0, Wolves 1. – BBCSport, Reuters
Meer oor:  José Mourinho  |  Pep Guardiola  |  Gedrang  |  Manchester United  |  Breier
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.