Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Ellis: Dís al hoe Banyana sal inhaal
Thembi Kgatlana is eers in die tweede helfte teen Duitsland ingespan en het dadelik ’n verskil gemaakFoto: Gallo Images

Die spelers moet weekliks op die hoogste vlak speel, want dís die enigste manier hoe Suid-Afrika sal inhaal.

Só sê Desiree Ellis, afrigter van Banyana Banyana, nadat hulle in hul derde en laaste Wêreldbeker-groepwedstryd Maandag in Montpellier met 4-0 deur Duitsland getroef en uit die toernooi geskakel is.

Duitsland, tweede op die wêreldranglys, het die kloof tussen Suid-Afrika en die voorste spanne ter wêreld onderstreep.

Ellis het die voorbeeld van Thembi Kgatlana gebruik, wat haar klubsokker in China speel.

“Kyk na Thembi, sy het gewys sy speel in ’n topliga. Sy is ’n tree voor die res.”

Kyk na Thembi, sy het gewys sy speel in ’n topliga. Sy is ’n tree voor die res.
Desiree Ellis

Die afrigter het Kgatlana se doel in die eerste wedstryd teen Spanje as een van die doele van die toernooi beskryf.

Volgens Ellis sal dit ’n groot invloed op die sukses van die nasionale span hê as daar meer spelers soos Kgatlana in topligas betrokke is.

Sy sê baie van die spelers het by die WB-toernooi in Frankryk mooi op die voorgrond getree en sy hoop dat van hulle goeie kontrakte by buitelandse klubs sal kry.

Desiree Ellis, afrigter van die Banyana Banyana.Foto: Getty Images

Ellis sê die nederlaag met 1-3 teen Spanje in hulle eerste groepwedstryd was vir hulle die moeilikste om te verwerk, omdat hulle tot die 68ste minuut nog voorgeloop het.

Sy het vir die eerste keer uitgevaar oor die twee strafdoele wat die Spanjaarde in beheer geplaas het. Ellis meen Spanje was gelukkig met die twee strafskoppe wat toegeken is.

Sy betwyfel of die eerste een wel strafbaar sou gewees het as die kykweer ingespan is, terwyl sy die tweede – waarmee Nothando Vilakazi ná ’n kykweer ook afgestuur is – as ’n bietjie streng beskryf het.

Ellis glo hulle kon drie groeppunte uit dié wedstryd gekry het en een in die tweede wedstryd teen China, wat hulle toe met 0-1 verloor het.

Sy het hul onvermoë om af te rond, wat hulle telkens in die toernooi in die steek gelaat het, uitgesonder as die een aspek wat nou aandag kort.

“Ons rond nie goed af nie. Dis die een swakpunt waaraan nou gewerk moet word.”

Ellis glo as hulle dít onder die knie kan kry, sal hulle die doele inryg en met die bestes kan saamgesels.

Die span sal Woensdag (10:45) in Suid-Afrika aankom.

* Bafana Bafana het intussen Dinsdag in Kaïro aangekom vir hul deelname aan die Afrikabeker-toernooi.

Hulle het Saterdag in Dubai gelykop (0-0) teen Ghana in ’n oefenwedstryd gespeel en sal Woensdag in Kaïro vir oulaas teen Angola slyp.

Meer oor:  Thembi Kgatlana  |  Desiree Ellis  |  Sokker  |  Banyana Banyana  |  Vrouespan  |  Wereldbeker  |  Afrigter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.