Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Walcott nou heeltyds by Saints
Theo Walcott is op 32 ’n hardebaard in die Southampton-span. Foto: Getty Images
Theo Walcott vier ’n doel as ’n 16-jarige vir die Saints. Foto: Getty Images

Theo Walcott gaan hom weer heeltyds by Southampton aansluit – 15 jaar nadat hy dié Engelse sokkerklub as ’n tiener die rug toegekeer het om hom by Arsenal aan te sluit.

Walcott (32) is hierdie seisoen deur Everton aan die Saints geleen, maar gaan na verwagting nou ’n kontrak van twee jaar met die klub sluit waar hy oorspronklik sy deurbraak gemaak het. Daar is volgens die klub “in beginsel” op ’n kontrak ooreengekom.

Die speler self het geen twyfel gelaat oor sy toekoms nie.

“Ek’s nie seker dat ek in woorde kan sê hoe bly ek hieroor is nie. Southampton is ’n klub wat geweldig baie vir my beteken. Dit was vir my ongelooflik spesiaal om hierdie seisoen terug by St Mary’s te wees,” sê hy.

“Om nou die geleentheid te kry om vir nog twee jaar te kan terugkeer, beteken vir my geweldig baie – persoonlik en professioneel.”

Walcott, wat destyds by Southampton se akademie was, het sy eerste doel teen Leeds United geskiet toe hy maar net 16 jaar oud was.

Hy het in 2006 by Arsenal aangesluit voordat hy in 2018 Everton toe is. Hy het 270 wedstryde vir Arsenal en 77 vir Everton gespeel. – TeamTalk

Meer oor:  Theo Walcott  |  Arsenal  |  Southampton
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.