Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Engelse beplan rondom maandstonde

Engeland se vrouesokkerspan het begin om sy oefensessies rondom die spelers se menstruele siklusse te beplan.

Phil Neville, afrigter van Engeland se vrouesokkerspan. Foto: Getty Images

SkySports berig die Lionesses se nuwe kondisioneringsafrigter, Dawn Scott, ontwikkel ’n “verpersoonlikte” benadering wat volgens die afrigter, Phil Neville, “reeds ’n groot uitwerking gehad het”.

“Ons moet ons filosofieë, profiele, die wyse waarop ons toets, krag en kondisionering vir elke individu aanpas,” sê Neville.

Chelsea se vrouespan pas dieselfde resep toe in ’n poging om die spelers se werkverrigting te verbeter en beserings te voorkom – die eerste sokkerklub ter wêreld om die benadering te volg.

Emma Hayes, Chelsea se afrigter, het verlede week bekend gemaak die klub ontwikkel sedert Augustus individuele oefenplanne vir spelers rondom hul maandstonde.

“Dit help om gewigskommelinge te voorkom en die kanse van beserings in die sagte weefsel te verminder,” sê sy.

Navorsing in 2016 toon meer as die helfte van elite-vrouesportlui sê hormoonwisseling tydens die menstruele siklus het hul oefening en werkverrigting verhinder.

Daar word ook deurlopende navorsing gedoen oor die verband tussen kruisligament-beserings en sekere fases van die menstruele siklus.

Scott was nege jaar in diens van die Engelse Sokkervereniging as die hoof van sportwetenskap voordat sy in 2010 na die VSA verhuis het.

Haar innoverende benadering jeens menstruasie en vertonings op die sportveld word beskou as ’n sleutelrol in die Amerikaners se triomf by die Wêreldbekertoernooi verlede jaar.

Sy het in November na Engeland teruggekeer om haar by Neville se afrigtingspan aan te sluit.

Dawn Scott is sedert November deel van Engeland se afrigtingspan. Foto: Getty Images

– Sportredaksie

Meer oor:  Phil Neville  |  Vrouesport  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.