Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Engelse klubs onttrek aan rebelleliga

Al ses Engelse Premierligaklubs wat by die Europese Superliga betrokke was, het hulle aan dié omstrede rebellereeks onttrek.

Engelse ondersteuners was van meet af aan teen die rebellereeks gekant. Foto: Getty Images

Manchester City was die eerste klub om die pad te vat nadat Chelsea aangedui het hy is besig om dokumentasie voor te berei om hom te onttrek. Die ander vier spanne – Arsenal, Liverpool, Manchester United en Tottenham – het kort daarna ook hul rug op die wegbreekliga gekeer.

Europese sokker is Sondag in ’n ongekende krisis gedompel nadat 12 van die vasteland se rykste klubs aangekondig het dat hulle die Superliga gaan begin as mededinger vir die bestaande Kampioeneliga. Dié plan is wyd deur oudspelers, ondersteuners en politici oor die wêreld heen veroordeel, met sommige wat dit as ’n “siellose geldfoefie” bestempel het wat steun vir die spel gaan laat taan.

Manchester United sê hy het “mooi geluister na die reaksie van ons aanhangers, die Britse regering en ander belangrike belanghebbendes” voordat hy besluit het om nie aan die rebellereeks deel te neem nie.

Arsenal het in ’n ope brief aan sy aanhangers om verskoning gevra deur te sê hy het ’n “fout begaan”.

Daniel Levy, Tottenham se voorsitter, sê die klub het berou oor die “angs en ontsteltenis” wat die voorgestelde nuwe liga veroorsaak het.

Engeland se “groot ses klubs” was deel van ’n groep wat ook die volgende spanne ingesluit het: Spanje se Atletico Madrid, Barcelona en Real Madrid en Italië se AC Milan, Inter Milan en Juventus. – Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.