Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Premierliga: Drama op Old Trafford
Doel! Adam Lallana van Liverpool nadat hy Sondag op Old Trafford sy span van ’n nederlaag teen Manchester United met ’n gelykmakende doel gered het. Foto: Getty Images

Liverpool is steeds die enigste onoorwonne span in dié seisoen se Engelse Premierliga, maar nie voordat hy Sondag op Old Trafford in Manchester sy ondersteuners se bloeddruk die hoogte laat inskiet het nie.

Liverpool het die gelykmakende doel teen Manchester United eers in die 85ste minuut aangeteken toe Adam Lallana die bal ingetik het ná ’n dwarsskop van Andy Robertson.

Dit het Liverpool (25 punte) aan sy voorsprong in die liga bo Manchester City (19) en Leicester City en Chelsea (albei 17) laat klou nadat die wedstryd met 1-1 gelykop geëindig het.

Daar was groot drama op Old Trafford toe die video-assistentskeidsregterstelsel (VAR) ’n paar keer ingespan is om oor beslissings te beslis.

Marcus Rashford het United in die 36ste minuut laat voorloop, maar die doel is eers toegeken nadat die VAR-stelsel gebruik is.

Sadio Mane van Liverpool was in die 44ste minuut ook in die kol, maar die doel is nie toegeken nie nadat die kyk-weer gewys het dat hy die bal met die hand geraak het.

Met Lallana se gelykmaker was daar geen fout nie.

* In Saterdag se kragmeting tussen Tottenham Hotspur en Watford is die menslike gebreke van die stelsel uitgewys nadat Spurs se Deli Alli die gelykmakende doel aangeteken om die wedstryd met 1-1 gelykop te laat eindig.

Die doel is ook na VAR verwys en die verkeerde grafika is op die groot skerm gewys wat aangedui het dat die doel nie wettig was nie, hoewel daar niks fout daarmee was nie en toegeken is.

Die Hawk-Eye Innovations-maatskappy, wat die VAR-stelsel aan die Engelse Premierligabase verskaf, het reeds aan Spurs en Watford se ondersteuners om verskoning gevra. – Sportredaksie en Reuters

Meer oor:  Liverpool  |  Manchester United  |  Engelse Premierliga  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.