Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Engelse sal van veld stap oor rassisme
Die doelskieter Tammy Abraham, wat vir Chelsea in die Engelse Premierliga speel, sê die Engelse nasionale span is bereid om sterk standpunt in te neem teen rassistiese gedrag. Foto: Getty Images

Engeland se sokkerspelers is bereid om van die veld te stap indien enige van hulle die slagoffers is van rassistiese beledigings in komende Euro2020-kwalifiserende wegwedstryde teen die Tsjeggiese Republiek en Bulgarye.

Só het die doelskieter Tammy Abraham aan die vooraand van Vrydag se kragmeting met die Tsjegge en Maandag s’n met Bulgarye gesê.

’n Deel van die stadion waar Engeland teen Bulgarye gaan speel, gaan reeds buite perke vir toeskouers wees nadat van hulle hul in Junie aan rassistiese gedrag skuldig gemaak het.

“As dit met een van ons gebeur, gebeur dit met ons almal,” het Abraham aan die BBC gesê.

Harry Kane (Engeland se kaptein) het gesê as enige van ons ongelukkig is (oor ’n rassistiese voorval), dan gaan ons almal saam van die veld stap.
Tammy Abraham

“Harry Kane (Engeland se kaptein) het gesê as enige van ons ongelukkig is (oor ’n rassistiese voorval), dan gaan ons almal saam van die veld stap.”

Gareth Southgate, Engeland se afrigter, het Maandag ook dié kwessie met sy spelers bespreek en die span het sy opsies oorweeg indien hy die teiken van rassistiese beledigings sou wees.

Ingevolge Uefa (die beheerliggaam van sokker in Europa) se protokol, het ’n skeidsregter die mag om ’n wedstryd af te gelas indien toeskouers nie gehoor gee aan waarskuwings om op te hou met rassistiese gedrag nie.

Engeland sal vir volgende jaar se Euro-toernooi kwalifiseer indien hy Vrydag met die Tsjeggiese Republiek kan afreken. 

– Reuters

Meer oor:  Harry Kane  |  Tammy Abraham  |  Engeland  |  Kaptein  |  Engelse Premierliga  |  Sokker  |  Rassisme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.