Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Engelse afrigters kry nou 30% minder
Gareth Southgate, afrigter van Engeland se mansokkerspan.Foto: Getty Images

Gareth Southgate en Phil Neville, onderskeidelik die afrigters van Engeland se mans- en vrouesokkerspanne, se salarisse gaan met 30% gesny word te midde van die Covid-19-pandemie.

Southgate verdien £3 miljoen per jaar en Neville £300 000. Hulle tel onder die Engelse Sokkervereniging (FA), die beheerliggaam van Engelse sokker, se hoogs betaalde werknemers.

Volgens die FA sal ander werknemers wat meer as £50 000 per jaar verdien, tydelik 7,5% minder kry. Senior bestuurslede het ingestem op ’n vermindering van 15%.

Mark Bullingham, uitvoerende hoof van die FA, sê dis “uitdagende tye” en dit was “moeilike” besluite.

Volgens hom kan Engeland deur die uitstel van internasionale wedstryde, FA Cup-wedstryde en geen huur van hul nasionale stadion, Wembley nie, ’n verlies van sowat £100 miljoen ly.

Bullingham verdien sowat £400 000 per jaar.

“Soos ander sportliggame, neem ons tans ons finansiële model onder oë,” sê hy.

Ons wil die regte stappe doen om die FA en sy werknemers in hierdie onsekere tye te beskerm.
Mark Bullingham

“Ons wil die regte stappe doen om die FA en sy werknemers in hierdie onsekere tye te beskerm.”

* Drie Premierliga-afrigters – (West Ham se David Moyes, Bournemouth se Eddie Howe en Brighton se Graham Potter) – het reeds gesê hulle sal ’n kleiner salaris aanvaar.

Steven Gerrard. Foto: Getty Images

* Intussen het Steven Gerrard, afrigter van die Skotse span Rangers, gesê dit was vir die spelers, direkteure en personeel ’n “maklike” besluit om te aanvaar dat hulle vir drie maande nié ’n salaris gaan kry nie.

“Die spelers, direkteure en personeel het goeie leierskap gewys en verantwoordelikheid geneem,” sê Gerrard, ’n gewese kaptein van Engeland en Liverpool.

“Dit is in dié moeilike tye belangrik dat niemand finansieel voor ’n afgrond staan nie. Ongeag mense se rol by die klub, moet hulle gerespekteer word. Ons het gewys dat ons saamstaan.”’

Rangers sê van sy werknemers is gedwing om verlof te neem, maar sal deur ondersteuning van die klub aanhou om hul volle salarisse te verdien.

“Senior spelers en personeel wou elke Rangers-werknemer teen moeilike finansiële tye beskerm. Hulle het dit vrywillig gedoen,” sê Rangers in ’n nuusverklaring. – Reuters, BBC

Meer oor:  Gareth Southgate  |  Steven Gerrard  |  Engeland  |  Covid-19  |  Sokker  |  Afrigters  |  Koronavirus  |  Premierliga
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.