Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Engelse span laat vaar knielery

Spelers van die Engelse sokkerklub Brentford sal in die toekoms nie meer kniel voor die aanvang van hul wedstryde nie.

Spelers van die sokkerspanne van Brentford en Fulham kniel voor die aanvang van hul wedstryd in Oktober 2020 in Brentford. Foto: Getty Images

Dié klub, wat in die Engelse tweede liga meeding, het die besluit Saterdag bekend gemaak. Sedert Julie het die klub se spelers gekniel in solidariteit met die Black Lives Matter-beweging, voordat die gebaar gekoppel is aan die Premierliga en Engelse Sokkerliga se eie veldtogte teen rassisme.

Brentford sê sy wedstryd Sondag teen Barnsley sal die eerste wees waar die spelers nie sal kniel nie.

“Om te kniel is net een manier waarop ons spelers hul verbintenis tot rassegelykheid gegee het,” sê Jon Varney, Brentford se uitvoerende hoof.

“Ons ondersteun hulle (die spelers) se behoefte om dit te doen, maar ondersteun nou hul begeerte om hul verbintenis op ’n ander manier te wys.

“Ons is baie duidelik in ons ambisie om die mees inklusiewe klub in die land te wees, en ons spelers wil en sal ’n groot rol in hierdie reis speel.”

Veral ná die dood van George Floyd in 2020 aan die hand van ’n polisieman in Minneapolis, Amerika, het baie sportspanne gekniel voor die aanvang van wedstryde. – Reuters

Meer oor:  Black Live Matter  |  Rassisme  |  Kniel  |  Engeland  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.