Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Euro 2016: Meer as sokker op die spel vir Frankryk
Didier Deschamps, Frankryk se afrigter, het baie hooi op sy vurk. Foto: Reuters

Frankryk se kragmeting Vrydagaand teen Roemenië, die eerste in vanjaar se Euro 2016-sokkertoernooi, is meer as net ’n wedstryd.

Dit is veronderstel om ’n doepa vir die beleërde gasheer te wees, ’n ligpunt ná die donkerte van die afgelope paar maande.

Wydverspreide betogings teen die Franse regering se nuwe arbeidswetgewing dreig om sekere wedstryde te ontwrig, terwyl aanhoudende reënval tot verskeie oorstromings gelei het.

Lees ook: Frankryk, Engeland moet versigtig wees

Die noodtoestand, wat verlede November afgekondig is nadat 130 mense in terreuraanvalle in Parys dood is, is steeds van krag.

Vrydag se openingswedstryd word immers in die Stade de France gespeel, een van die terroriste se teikens in verlede jaar se aanvalle.

Boonop is die Franse span deur ’n rits beserings geteister en deur die langdurige sage aangaande Karim Benzema geraak.

Dié doelskieter van Real Madrid, wat van Algerynse herkoms is, het verlede week beweer hy is die geleentheid ontheem om deel te neem weens rassisme.

Benzema is verlede jaar vir ’n onbepaalde tyd deur die Franse Sokkerfederasie (FFF) geskors weens sy beweerde afpersing van ’n gewese spanmaat.

Sy appèl in April het misluk.

Benzema se aantygings teen die FFF word ontken, met Kingsley Coman, ’n belowende swart speler, wat dit as “nonsens” bestempel het.

Nietemin lyk dit asof Frankryk vanjaar se uitklopronde met gemak kan haal.

Hy is waarskynlik in een van die swakker groepe – Albanië en Switserland is die ander teenstanders – van die toernooi geloot.

“Ek vertrou my spelers,” sê Didier Deschamps, Frankryk se afrigter.

“Die eerste wedstryd sal nie deurslaggewend wees nie, maar dit is belangrik om ’n goeie grondslag vir die res van ons veldtog te lê.”

Frankryk spog met ’n oorvloed aanvallende spelers, maar hulle kan dalk aanvanklik sukkel om verby Roemenië se hardnekkige verdediging te kom.

– Reuters

– Reuters

Euro2016 se syfers

1 – Duitsland se Dieter Muller is die enigste speler wat ’n driekuns as plaasvervanger in die toernooi behaal het, teen Joegoslawië in 1976.   

2 – Die aantal kere wat Frankryk, die gasheer, as die Europese kampioen gekroon is.

6 – 18-jariges wat al in die Euro-toernooi gespeel het. Portugal se Renato Sanches sal die 7e een wees.

10 – Die aantal stede wat vanjaar wedstryde aanbied.

15 – Jare wat verloop het tussen Dragan Stojkovic se derde en vierde wedsryde in die toernooi. Hy het vir Joegoslawië in 1984 gespeel en toe in 2000 vir Serwië as plaasvervanger uitgedraf.

24 – 2016 se aantal spanne wat deelneem.

30.7 – Die gemiddelde ouderdom van Slowakye se groep. Dit is die oudste in vanjaar se toernooi.

39 – Lothar Matthäus se ouderom toe hy in 2000 vir Duitsland teen Portugal uitgedraf het. Hy is die oudste speler in die toernooi se geskiedenis.

51 – Die aantal wedstryde wat in vanjaar se toernooi gespeel sal word.

106 – Die aantal spelers wat in die Engelse Premierliga speel wat aan vanjaar se toernooi deelneem.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.