Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
‘Europa vertrou nie doelwagters van Afrika’
Dele Aiyenugba van Nigerië meen swart doelwagters van Afrika word weens ’n gebrek aan vertroue in hul vermoëns meestal deur groot klubs in Europa oor die hoof gesien. Foto: Getty Images

Dele Aiyenugba van Nigerië, wat twee Afrika-kampioeneligatitels saam met Enyimba gewen het, sê Europese klubs vertrou nie swart doelwagters nie, maar dit is stadig besig om te verander.

BBCSport berig Aiyenugba (37) glo daar is ’n wanopvatting dat swart doelwagters nie tegniek het nie. Dit maak dit moeilik vir spelers van Afrika om kontrakte in Europa te kry.

Aiyenugba het soos Vincent Enyeama, Nigerië se mees ervare en suksesvolste doelwagter, naam gemaak in Israel waar hy vir 13 jaar gespeel het, maar was nie soos sy landgenoot in staat om die skuif na Wes-Europa te maak nie.

“Dit is nie so maklik soos wat mense dink nie,” sê Aiyenugba, wat terug is in Nigerië saam met Kwara United.

“Ek het Israel probeer verlaat maar die gebruiklike probleem beleef: ’n gebrek aan vertroue en geloof in swart doelwagters se vermoëns.

“Ons is geseënd met uitstekende posisionering en reflekse, maar hulle sê gereeld ons het ’n gebrek aan tegniek.

Jy moet dikwels ekstra hard werk om Europese sokker te haal.

“Dinge was destyds moeilik want jy sou oor baie krag in jou bene beskik maar die tegniek het om werklik uit te blink nie. Jy moes ook vir jou nasionale span gespeel het om aandag te trek of respek af te dwing, maar dinge is nou baie beter.

“Jy kan in ’n jeugtoernooi speel om die oog te vang, maar die gebrek aan vertroue is uiteraard ’n groot uitdaging.

“Jy moet dikwels ekstra hard werk om Europese sokker te haal. Dan besef jy wanneer jy daar aankom dit is nie so maklik om topklubs te oortuig nie.”

Aiyenugba glo dinge verander stadig maar seker danksy die swart doelwagters van Afrika wat deesdae in die topligas in Europa speel.

“Ek dink dinge is aan die verander. Jy kan sien doelwagters van Afrika maak opslae in topligas in Europa, anders as in die verlede.

“Chelsea se eerstekeuse (Edouard Mendy) is van Senegal. Ajax kies nou al vir ’n rukkie ’n doelwagter van Kameroen (Andre Onana).

“Dit is positiewe tekens dat dinge begin beter raak vir doelwagters van Afrika. Deesdae maak al hoe meer akademies in Afrika oop en boots Kameroen na, ’n land wat nog altyd topdoelwagters gehad het.

“Jy moet jouself net aanhou druk en wys waartoe jy in staat is om die geloof en vertroue van daardie topklubs te wen.”

– Sportredaksie

Meer oor:  Enyimba  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.