Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Fifa-baas beplan mini-WB-toernooi

Gianni Infantino, president van Fifa, sokker se wêreldbeheerliggaam, beplan ’n mini-Wêreldbeker-toernooi waaraan agt internasionale spanne sal deelneem.

Gianni Infantino, president van Fifa, sokker se wêreldbeheerliggaam. Foto: Getty Images

Dié toernooi, bekend as die Final 8, sal elke twee jaar plaasvind, het Infantino in ’n brief aan Reuters verduidelik.

Die bestaande Wêreldbeker-toernooi, wat elke vier jaar plaasvind, sal soos gewoonlik voortgaan.

Die Final 8-toernooi is deel van ’n ambisieuse plan deur Fifa om internasionale sokker te hervorm en die grootbaas glo dit sal oor ’n tydperk van 12 jaar sowat $25 miljard werd wees.

Infantino sê die nuwe toernooi sal tweejaarliks in Oktober en November beslis word en kan reeds in 2021 van stapel gestuur word.

Volgens hom is ’n “stewige en ernstige” groep beleggers reeds aan boord en bereid om $25 miljard op te dok om toernooi op die been te kry, sowel as ’n opgekikkerde Wêreldbeker-klubtoernooi, wat ook in 2021 beslis sal word en 24 spanne betrek.

Die Konfederasiebeker-toernooi, wat elke vier jaar in die jaar voor die WB-toernooi beslis word, sal in die slag bly om vir die Final 8-toernooi plek te maak.

Infantino se regrukplan is aan die beheerliggaam se bestuursraad vir goedkeuring voorgelê.

Uefa, die beheerliggaam vir sokker in Europa, en Concacaf, sy eweknie in Noord- en Sentraal-Amerika en die Karibiese Eilande, het reeds die Nations League op die been gebring, vir kompetisies op hul eie kontinente.

In albei gevalle word al die nasionale spanne in hul onderskeie streke betrek, wat volgens hul posisies op die wêreldranglys in verskillende afdelings verdeel word.

Daar is nie, soos in plaaslike klubligas, ’n promosie-relegasie-opsie tussen die afdelings nie.

Uefa se reeks begin reeds in September vanjaar.

Ander kontinente nog soortgelyke reekse van stapel stuur vir die toernooi om lewensvatbaar te wees. – Reuters

Meer oor:  Gianni Infantino  |  Fifa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.