Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Fifa-baas staan bont ná vroue geïgnoreer is

Gianni Infantino, president van die Internasionale Sokkerfederasie (Fifa), het berigte verwerp dat hy vrouewedstrydbeamptes opdrag gegee het om nie ’n afgevaardigde van Katar op die prysuitdeling ná verlede week se eindstryd van die Wêreldbeker-klubkompetisie te groet nie.

Gianni Infantino verlede week op die oorhandiging van die Wêreldbeker-klubtrofee in Katar. Foto: Getty Images

Ná Bayern München se oorwinning oor die Mexikaanse span Tigres UANL in Al Rajan, Katar, kon gesien word hoe sjeik Joaan bin Hamad Al-Thani beamptes met ’n vuisstamp groet soos hulle na die podium opgestap kom, maar hul vroue-eweknieë, Edina Alves Batista en Neuza Back, ignoreer.

Berigte in sekere aanlyn publikasies in Europa het daarop gesinspeel dat dié vroue opdrag gegee is deur Infantino om nie die sjeik, wat ook die president van Katar se Olimpiese Komitee is, te groet nie.

Infantino het dit as infame leuens afgemaak en gesê hy het hulle bloot geluk gewens met hul goeie werk.

“Gegewe al die leuens wat aanlyn versprei is oor wat ek aan die vroue-beamptes gesê het, wil ek net die saak regstel. Ek het van die geleentheid gebruik gemaak om hulle geluk te wens met hul goeie werk regdeur die kompetisie, want dit was ’n baanbrekerskompetisie, waar vroue-beamptes die eerste keer in ’n senior toernooi vir mans ingespan is.

“Soos almal weet, is ek ’n sterk voorstander van vroueregte en die gelyke behandeling van alle mense, ongeag hul ras, geslag, etnisiteit, seksuele voorkeur, godsdiens of fisieke vermoëns.”

Hy sê diegene wat die “vals gerugte” versprei het, behoort hulle te skaam. – Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.