Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Fifa skerm vir sy grootbaas Gianni
Gianni Infantino, president van Fifa. Foto: Reuters

Sokker se wêreldbeheerliggaam, Fifa, sê daar is geen rede vir Switserse owerhede om met strafregtelike optrede teen sy president, Gianni Infantino, te begin nie.

Die Switserse owerhede het vroeër bevestig dat hulle ’n saak teen Infantino aanhangig gemaak het nadat hy glo in die geheim met Switserland se prokureur-generaal, Michael Lauber, vergader het. Lauber en Infantino het ontken dat hulle enigiets verkeerd gedoen het.

“Daar is geen rede om ’n strafregtelike saak aanhangig te maak nie aangesien daar geen sprake van enige misdadige aktiwiteit was nie,” het Fifa in verklaring gesê.

Dié beheerliggaam het bygevoeg dat die ontmoetings nie ’n geheim was nie en in openbare plekke soos restaurante en hotelle plaasgevind het.

“Fifa ontken ten sterkste dat hy enige onreëlmatige invloed op die Switserse federale aanklaer het.”

Lauber se kantoor ondersoek klagte van korrupsie by Fifa en daarom is sy ontmoetings met Infantino bevraagteken.

Fifa het bygevoeg dat die spesiale aanklaer, Stefan Keller, wat die saak teen Infantino aanhangig gemaak het, geen regsgronde daarvoor kon bewys nie. – Reuters

Meer oor:  Gianni Infantino  |  Fifa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.