Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Chelsea verbied om nuwe spelers te werf

Sokker se wêreldbeheerliggaam, Fifa, het Chelsea verbied om vir die volgende twee oodrag-venstertydperke enige nuwe spelers te kontrakteer.

Chelsea sal in die volgende twee seisoene geen nuwe spelers na Stamford Bridge mag lok nie. Foto: Getty Images

Dít volg nadat dié Engelse spogklub daaraan skuldig bevind is dat hy reëls rakende die kontraktering van jong spelers oortree het.

Daarbenewens is Chelsea met 600 000 Switserse frank (sowat R8,4 miljoen) beboet en sal die Engelse Sokkervereniging (FA) ook 500 000 Switserse frank moet opdok omdat die oortredings onder sy wag plaasgevind het.

Dié swaar strawwe volg op ’n lang ondersoek wat Fifa gedoen het oor Chelsea se werwing van oorsese o.18-spelers.

Eenvoudig gestel verbied Fifa-reëls klubs om oorsese spelers jonger as 18 jaar te werf, tensy dié spelers se ouers vir redes anders as sokker geëmigreer het na die land waarin die klub gesetel is.

Uitsonderings word ook gemaak indien buitelandse minderjarige spelers 50 km of minder van die landsgrens van die klub woonagtig is.

Die doel hiervan is om kinders teen uitbuiting te beskerm.

Fifa het bevind dat Chelsea die afgelope ses jaar in minstens 29 gevalle sy reëls rakende jong spelers oortree het.

Dié straf sal dit moeilik maak vir Chelsea om in die komende seisoene ’n ernstige aanspraakmaker in die Engelse Premierliga of in kontinentale kompetisies soos die Europese Kampioeneliga te wees.

* Chelsea sal tydens die verbod steeds toegelaat word om spelers aan ander klubs te verkoop. – theguardian.com; bbc.com

Meer oor:  Chelsea  |  Fifa  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.