Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Franse debuut wink vir tiener van Angola

Covid-19 het die deur oopgeswaai vir ’n 17-jarige Angolees van geboorte om sy senior internasionale sokkerdebuut vir die wêreldkampioen, Frankryk, te maak.

Eduardo Camavinga rank hoog vir die bal in ’n wedstryd vir sy Franse klubspan Stade Rennais. Foto: Getty Images

Didier Deschamps het Maandag aangekondig dat hy beplan om Eduardo Camavinga vir Saterdag se Nasiesliga-stryd teen Swede in Stockholm en volgende Dinsdag se wedstryd teen Kroasië in Parys in te span. Dit kom nadat Paul Pogba hom moes onttrek omdat hy positief vir Covid-19 getoets is.

“Omdat hy so jonk is, sal ons hom goed moet bestuur. Maar hy het baie selfvertroue,” het Deschamps op ’n nuuskonferensie gesê.

Camavinga, wat in Cabinda gebore is en op tweejarige ouderdom na Frankryk is, het verlede jaar Franse burgerskap gekry en het die afgelope seisoen, sy eerste in Frankryk se eerste liga, groot indruk vir Stade Rennais gemaak.

Deschamps sê omstandighede (Pogba se onttrekking) het hom gedwing om Camavinga vroeër te kies as wat hy sou wou, want die risiko bestaan dat hy nie nou al die mas sal opkom op die hoogste vlak nie.

“Ek weet wel hy beskik beslis oor die potensiaal om te slaag,” het Deschamps bygevoeg.

Die Franse breier glo ook Camavinga het ’n goeie kans om volgende jaar in die groep vir die Europese Kampioenskapstoernooi te wees. – Reuters

Meer oor:  Frankryk  |  Didier Deschamps  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.