Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Galopsop hou sokkerspeler 4 j. langs kantlyn

’n Skorsing van vier jaar is deur die Asiatiese Sokkervereniging (AFC) aan ’n sokkerspeler opgelê nadat hy regulasies oortree het wat met opkikkers verband hou.

Jakson Avelino Coelho in aksie in ’n sokkerwedstryd in 2016. Foto: Getty Images

Die Brasiliaanse doelskieter Jakson Avelino Coelho, alom bekend as Jajá, mag in die tydperk van sy skorsing aan geen aktiwiteite wat verband hou met sokker deelneem nie.

Volgens die AFC het die 35-jarige Jajá die oortredings in toetse begaan wat laat in November 2020 gespeel is.

Hy speel vir die Thaise klubspan Chiangrai.

Die beheerliggaam sê in ’n verklaring die skorsing geld vir alle plaaslike, vriendskaplike en internasionale wedstryde.

“Die AFC bly daartoe verbind om sokker vry van opkikkers te hou en om die integriteit van die sport te beskerm.” – Reuters

Meer oor:  Skorsing  |  Opkikkers  |  Thailand  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.