Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Genoeg, sê Southampton-sokkerbase
Wyle Emiliano Sala. Foto: Getty Images

Southampton het belowe om ondersteuners wat Saterdag gedurende dié sokkerspan se tuiswedstryd teen Cardiff City erg onsmaaklike grappies gemaak het oor Emiliano Sala se dood by toekomstige wedstryde te verbied.

Sala se lyk is Donderdag gevind na hy vroeër naby die eiland Guernsey in ’n vliegtuigongeluk dood is.

Beeldmateriaal wat ná Saterdag se wedstryd op sosiale media versprei is, wys twee mans wat aan besoekende ondersteuners vliegtuig-bewegings maak.

Luidens ’n verklaring wat Southampton uitgereik het, het die polisie met die mans gesels en hul besonderhede geneem.

“Sulke gedrag het geen plek in ons spel nie en sal nie by St. Mary’s geduld word nie,” sê die klub.

“Die klub sal ’n ferm houding teen alle betrokke skuldiges inneem en beplan om daardie ondersteuners by die klub te verbied.”

Cardiff het die wedstryd danksy ’n dramatiese doel kort voor die einde deur Kenneth Zohore met 2-1 gewen.

Daar is voor die afskop ’n minuut stilte gehou ter nagedagtenis aan Sala.

Die Argentynse doelskieter het onlangs besluit om van die Franse klub Nantes na Cardiff te skuif. – AFP

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.