Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Geweld by Britse sokker veroordeel
Ondersteuners van Manchester United betoog Sondag buite Old Trafford. Foto: Reuters

Die geweld wat Sondag uitgebreek het in ’n protesaksie deur ondersteuners van Manchester United en daartoe gelei het dat die Premierliga-wedstryd teen Liverpool uitgestel moes word, is skerp veroordeel.

Die ondersteuners wat teen die klub se eienaars, die Glazer-familie, geprotesteer het, het opgeruk na die Old Trafford-sokkerstadion wat weens die Covid-19-regulasies vir toeskouers gesluit is.

’n Fakkel is gegooi na die uitsaaihokkie en die betogers het buite die stadion met die polisie slaags geraak.

Volgens die polisie in die Groter Manchester-gebied (GMP) is twee polisiebeamptes beseer. Een moes in die hospitaal behandel word nadat hy aangeval is met ’n bottel en sy gesig gesny is.

Nigel Huddleston, minister van sport en toerisme, het gesê hoewel die ondersteuners passievol oor sokker is, is daar maniere waarop hulle protes kan aanteken om gehoor te word sonder om ander te beseer of in gevaar te stel.

“Ons verstaan die frustrasie, maar die geweld deur ’n klein minderheid van ondersteuners gister by Old Trafford is onaanvaarbaar.”

Die vonk in die kruitvat was ’n poging deur United om saam met sewe ander Britse klubs in ’n Europese Superliga te speel.

Wetstoepassers veroordeel die geweld wat met Sondag se protesaksie gepaardgegaan het. Foto: Reuters

Andy Burnham, burgemeester van Groter Manchester, het ook sy mond uitgespoel oor die geweld, hoewel hy begrip vir die ondersteuners se frustrasies het.

“Ek verstaan heeltemal die ondersteuners se kommer oor die eienaarskap en finansiering van Manchester United en ook oor die groter prentjie oor hoe sokker bestuur word.

“Dit is egter belangrik om te noem dat die meerderheid van die ondersteuners vreedsaam betoog het. Tog is daar geen verskoning vir die minderheid wat polisiebeamptes beseer en die veiligheid van ander in gevaar gestel het nie.”

Nog ’n polisiebeampte van die GMP, Russ Jackson, het die gedrag as “roekeloos en gevaarlik” bestempel en gesê ’n ondersoek is begin om te verseker dat die skuldiges strafregtelik vervolg gaan word.

Geen besluit is nog geneem oor wanneer die wedstryd nou beslis sal word nie. – Reuters

Meer oor:  Betogers  |  Superliga  |  Manchester United  |  Geweld  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.