Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Gewilde skeidsregters haak af

Die voormalige Engelse Premierliga-skeidsregter Howard Webb en die baanbreker- Duitse beampte Bibiana Steinhaus het getrou.

Die baanbreker- Duitse skeidsregter Bibiana Steinhaus. Foto: Getty Images
Die voormalige Premierliga-skeidsregter Howard Webb. Foto: Getty Images

Webb (49) was van 2003 tot 2014 ’n blaser in die Premierliga en was in beheer van die Wêreldbekereindstryd in Suid-Afrika in 2010.

Steinhaus, nou bekend as Steinhaus-Webb, het die eerste vroueskeidsregter geword om in een van Europa se topligas te verskyn toe sy in 2017 deur die Bundesliga ingespan is. Sy het verlede jaar uitgetree, maar is steeds werksaam as televisieskeidsregter (VAR) in die Duitse topliga.

Die paartjie, wat albei voorheen vir die polisie gewerk het, is verlede maand in die geheim getroud.

Daar was weens die Covid-19-pandemie geen gaste of getuies op die bruilof nie.

Hulle is vir eers tot ’n langafstandverhouding beperk, met Webb wat in New York woon en Steinhaus-Webb wat in Duitsland werk.

– Sportredaksie

Meer oor:  Sokker  |  Howard Webb
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.