Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Sokkerstryd weens geweld geskuif

Die grootste kragmeting in Suid-Amerikaanse klubsokker, die eindstryd om die Copa Libertadores, is weens onluste in die Chileense hoofstad, Santiago, na Lima in Peru geskuif.

Twee betogers in die Chileense hoofstad, Santiago, word met ’n waterkanon bygekom. Foto: Reuters

Dié eindstryd tussen Flamengo (Brasilië) en River Plate (Argentinië) sou op 23 November in die nasionale stadion in Santiago plaasgevind het, maar toenemende protesoptrede en geweldpleging in dié stad het die Suid-Amerikaanse Sokkerkonfederasie (Conmebol) gedwing om inderhaas alternatiewe planne op te trek.

Protesoptrede teen ’n toename in openbare vervoerkoste in Santiago ’n paar weke terug, het ontaard in massaoptogte teen ongelykheid in dié land en ná vyf uur lange beraadslagings tussen verteenwoordigers van albei spanne, die Argentynse en Brasiliaanse sokkerverenigings, asook Conmebol, is daar besluit om die eindstryd na die Peruviaanse hoofstad te skuif.

’n Neutrale gasheerstad sal vanjaar vir die eerste keer in die 60-jarige bestaan van die Copa Libertadores ’n eindstryd aanbied.

Flamengo (Rio de Janeiro) het die eindstryd die eerste keer sedert 1981 gehaal, terwyl River Plate (Buenos Aires) die verdedigende kampioen is.

– Reuters

Meer oor:  Copa Libertadores  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.