Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Guardiola vra vir minder spanne in Premierliga

In ’n poging om sokker se gehalte te verbeter, het Pep Guardiola, afrigter van Manchester City, ’n beroep gedoen dat die aantal spanne in die Premierliga en die Engelse Sokkerliga verminder word.

As dit van Pep Guardiola, afrigter van Manchester City, afhang, sal daar minder spanne aan die Engelse Premierliga deelneem. Foto: Getty Images

Guardiola se pleidooi volg terwyl daar sprake is van ’n Europese Superliga. Die idee van ’n superliga – as ’n alternatief vir die Europese beheerliggaam van sokker (Uefa) se Kampioeneliga – word al jare lank bespreek.

Die koerant The Times berig dat hy die voorstel vir die superliga gesien het. Daarvolgens sal 20 spanne wat in twee groepe verdeel is sake uitspook. Guardiola wou hom egter nie daaroor uitlaat nie, maar voel dat plaaslike ligas versterk moet word.

“Wat ons moet doen, is om alle ligas in Europa te versterk – minder spanne, beter kampioenskappe, beter eerste ligas, beter tweede ligas en ’n beter Premierliga, met minder spanne in elke kompetisie. Stel gehalte bo hoeveelheid.

“Die Premierliga moet ’n superkompetisie wees. Om dit reg te kry moet die spanne verminder word. Maar ons kan nie die laer ligas of Premierliga laat vergaan nie,” sê Guardiola.

Spelers wat aan die beoogde Europese Superliga deelneem, sal volgens sokker se beheerliggaam, Fifa, nie toegelaat word om aan enige van sy (Fifa) se kompetisies deel te neem nie. Dit sluit die Wêreldbeker-toernooi in. – Reuters

Meer oor:  Manchester City  |  Engeland  |  Engelse Premierliga  |  Pep Guardiola  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.