Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
'Hartaanval' op veld ruk Euro2020

Die Euro2020-sokkertoernooi is Saterdag tydelik tot stilstand geruk nadat Christian Eriksen van Denemarke op die veld en weg van die bal af in ’n kragmeting met Finland inmekaargesak het – vermoedelik weens ’n hartaanval.

Die Deen Christian Eriksen kry mediese behandeling nadat hy inmekaar gesak het tydens ’n Euro2020-kragmeting met Finland. By hom is sy spanmaat Simon Kjaer, wat volgens berigte noodhulp op hom toegepas het. Foto: AP
Die Deen Christian Eriksen kry mediese behandeling nadat hy inmekaar gesak het tydens ’n Euro2020-kragmeting met Finland. By hom is sy spanmaat Simon Kjaer, wat volgens berigte noodhulp op hom toegepas het. Foto: AP

Eriksen, wat lank vir Tottenham Hotspur gespeel het en nou by Inter Milan is, is lank op die veld behandel voordat hy na ’n hospitaal geneem is, waar sy toestand as stabiel beskryf is.

Die wedstryd is na 41 minute gestaak en aanvanklik afgelas, maar die Deense sokkervereniging het later besluit dat dit hervat kan word nadat hulle goeie nuus oor Eriksen se welstand gekry het. Martin Schoots, Eriksen se agent, het aan NPO Radio 1 gesê die speler was wakker en kon met sy familie praat.

Finland sou eindelik as oorwinnaars van die veld stap, na die doelskieter Joel Pohjanpalo 'n kopskoot in die 59ste minuut verby die Deense doelwater, Kasper Schmeichel, gestuur het. Die Dene het 'n kans gehad om sake gelyk te maak, toe 'n omstrede strafdoel in die 72ste minuut aan hulle toegeken is, maar die Tottenham-speler Pierre-Emile Hojbjerg kon dit nie laat tel nie.

• Italië het die toernooi Vrydagaand in Rome op ’n hoë noot ingelui toe hy Turkye met 3-0 in Groep A geklop het. In gister se tweede wedstryd in Bakoe, Azerbeidjan, het Wallis en Switserland met 1-1 gelykop gespeel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.