Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Hasenhüttl bloos oor 9-0-nederlaag

Southampton se afrigter, Ralph Hasenhüttl, sê hy aanvaar volle verantwoordelikheid en vra groot om verskoning vir sy span se ondersteuners nadat Leicester City die Saints Vrydagaand met 9-0 in die Engelse Premierliga oorrompel het.

Die telling ewenaar Manchester United se oorwinning van 9-0 wat hy in 1995 oor Ipswich behaal het.

“Die vertoning was ’n ramp en ek vra om verskoning. Ek het nog nooit ’n span só sien speel nie. Die spelers het vir niks geveg nie,” het Hasenhüttl gesê.

Manchester City het gister vir Leicester uit die tweede plek gedruk ná sy oorwinning van 3-0 oor Aston Villa, en Brighton het Everton geklop. – Reuters

Meer oor:  Ralph Hasenhüttl  |  Sokker  |  Leicester City  |  Southampton
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.