Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
‘Henry soek breierspos in Frankryk’

Arséne Wenger is glad nie haastig om weer af te rig nie, maar dié voormalige afrigter van Arsenal sê sy Franse landgenoot en destyds een van sy sterre by die Gunners, Thierry Henry, het sy oog op ’n afrigterspos in Frankryk.

Thierry Henry met ’n bronsmedalje, wat België se sokkerspan vir sy derde plek in die Wêreldbeker-toernooi in Rusland verower het. Foto: Getty Images

Volgens Wenger wil Henry sy naam in die hoed gooi om Bordeaux, ’n span in die Franse eerste liga, se nuwe afrigter te word.

Bordeaux het verlede week sy afrigter, Gus Poyet, geskors nadat hy die klub se bestuur gekritiseer het oor hul besluit om die doelskieter Gaetan Laborde aan Montpellier te verkoop.

“Ja, hy wil dit doen (Bordeaux afrig). Hy is intelligent en beskik oor al die nodige eienskappe,” het Wenger, wat op langverlof in Corsica is, aan ’n plaaslike koerant, Corse Matin, gesê.

“Die eksistensiële vraag wat ons onsself egter altyd moet afvra, is of ons reg is om ons lewe op te offer vir ’n loopbaan as afrigter.”

Wenger het Arsenal in Mei, ná 22 jaar aan die stuur van dié Londense klub, verlaat.

Henry is hulpafrigter van België se nasionale span, wat tot die Wêreldbeker-toernooi in Rusland se halfeindronde deurgedring het.

– Reuters

Meer oor:  Thierry Henry  |  Arsenal  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.