Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Maradona se oorskot moet bewaar word
Diego Maradona Foto: Getty Images

’n Argentynse hof het beslis dat Diego Maradona se oorskot bewaar moet word ingeval sy DNS in ’n vaderskapsaak benodig sou word.

Maradona het verlede maand aan ’n hartaanval gesterf en is op 26 November net buite Buenos Aires begrawe.

Hoewel Maradona se prokureur vroeër aan Reuters gesê het dat daar reeds DNS-monsters van hom is, het die hof gelas dat die voormalige sokkerster se oorskot nie in ’n later stadium veras mag word nie.

Vyf erkende kinders en ses met kinderskapsaansoeke is deel van Maradona se ingewikkelde erfenis-proses.

Een van die ses, Magalí Gil (25), sê sy het twee jaar gelede uitgevind dat Maradona haar biologiese pa is.

Die hof het onder meer in sy uitspraak gesê: “Mej. Gil versoek dat ’n ondersoek gedoen word . . . en dat ’n DNS-monster vir daardie doel na die kantoor van die waarnemende staatsaanklaer gestuur word.”

Maradona het voor sy dood vier kinders in Argentinië en een in Italië as sy eie erken. – Reuters

Meer oor:  Diego Maradona  |  Depressie  |  Hartaanval  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.