Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Huisrowers teiken spelers op wedstryddae

’n Onlangse patroon vir spelers en amptenare by groot Franse sokkerklubs het vandeesweek voortgeduur toe drie spanlede van Lyon deur huisrowers geteiken is terwyl hul klub in die Kampioeneliga teen Barcelona gespeel het.

Lyon se Memphis Depay in aksie teen Barcelona. Foto: Getty Images

SuperSport berig die polisie sê hulle is Woensdag om 00:45 na die huis van die doelskieter Memphis Depay in Ecully, ’n voorstad in Lyon, ontbied. Diewe het ’n venster gebreek en goedere gesteel, meestal modeitems.

Depay het in September ook onder huisrowers deurgeloop terwyl Lyon teen Nice kragte gemeet het. Goedere ter waarde van meer as ’n €1 miljoen is toe gesteel.

Die middelveldspelers Lucas Tousart en Pape Cheikh Diop, wat albei hul verskyning van die plaasvervangersbank af gemaak het in die doellose gelykopuitslag teen Barcelona, het met hul tuiskoms dieselfde nare verassing gekry.

Diewe het ’n deur in die kelderverdieping by Tousart se huis in Chaponost afgebreek en hulself aan ’n sak en “multimedia” gehelp. Volgens plaaslike owerhede was daar ook tekens dat diewe by sy motor probeer inbreek het.

Diewe het toegang tot Cheikh se huis in Limonest deur die terras verkry en juwele en duur klere gesteel.

Beamptes en spelers in Marseille en Parys is ook die afgelope maande tydens wedstryde geteiken.

Marseille se president, Jacques-Henri Eyraud. Foto: Getty Images

Die huis van Jacques-Henri Eyraud, Marseille se president, is op 8 Februarie besteel terwyl hy na sy span se Ligue 1-wedstryd in Dijon gekyk het.

Daar is twee keer by die Paris Saint-Germain-doelskieter Eric Maxim Choupo-Moting se huis ingebreek terwyl hy op die veld was, in November en weer in Desember toe diewe gevlug het toe die alarm afgaan.

PSG se kaptein, Thiago Silva, se huis het in Desember deurgeloop terwyl sy span by die Parc des Princes in aksie was.

Huisrowers het in Desember 2017 by die destydse PSG-afrigter Unai Emery se woonstel in Parys ingebreek terwyl sy span teen Straatsburg gespeel het.

* Volgens BBCSport is die Liverpool-doelskieter Sadio Mane se huis in Allerton besteel terwyl hy Dinsdag in die Kampioeneliga teen Bayern Munich in aksie was.

Horlosies, selfone en motorsleutels is gesteel toe die wedstryd op Anfield beslis is.

Daar was ook ’n inbraak by Mane se tuiste in November 2017 terwyl hy by Anfield was vir ’n Kampioeneliga-wedstryd teen Maribor.

’n Bende het eers by sy huis toegeslaan voordat hulle ’n patiodeur by sy spanmaat en buurman Dejan Lovren se huis afgebreek het. Hulle het gevlug toe ’n buurvrou skree dat sy die polisie gebel het.

– Sportredaksie

Meer oor:  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.