Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
‘Ierland se mees geliefde Engelsman’

Jack Charlton (85) wat Vrydagaand dood is, word in die sokkerwêreld as “Ierland se mees geliefde Engelsman” onthou.

Charlton was as ’n verdediger ’n belangrike speler in Alf Ramsey se Engelse span wat in 1966 die Wêreldbeker gewen het.

Jack Charlton, wat Vrydag oorlede is, in 1966 met die Jules Rimet-trofee ná Engeland Wes-Duitsland in die eindstryd in die Wembley-stadion in Londen met 4-2 geklop het. Links van Charlton is sy jonger broer Bobby. Foto: AP

Charlton se bekender jonger broer Bobby het ook in daardie Engelse span gespeel.

As ’n afrigter het Jack Charlton Ierland gehelp om in 1990 die kwarteindronde van die WB-toernooi in Italië te haal.

Dit is steeds Ierland se beste prestasie op die sokkerveld.

Leo Varadkar, ’n voormalige Ierse eerste minister, het Charlton Saterdag as “Ierland se mees geliefde Engelsman” beskryf.

Charlton het van 1952 tot 1973 vir Leeds United gespeel en was tussen 1965 en 1970 in 35 wedstryde vir Engeland in aksie.

Behalwe vir Ierland het hy ook as breier by Middlesbrough, Sheffield Wednesday en Newcastle United diens gedoen. – Reuters

Meer oor:  Ierland  |  Engeland  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.