Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Infantino wil WB in 2022 reeds vergroot

Fifa moet indien moontlik die Sokkerwêreldbeker-toernooi van 2022 in Katar uitbrei van 32 spanne na 48 spanne, sê dié beheerliggaam se president, Gianni Infantino.

Gianni Infantino, president van Fifa. Foto: Getty Images

Infantino het in Desember gesê die meerderheid van die wêreld se nasionale sokkerverenigings is ten gunste daarvan om die toernooi te vergroot en ’n finale besluit sal geneem word voor die loting vir die kwalifiseringsreeks vir die skouspel, wat in Maart plaasvind.

Infantino het Woensdag gesê Fifa ondersoek die moontlikheid dat sekere van Katar se buurlande ook wedstryde kan aanbied. Hy het in Desember gesê dit sal moeilik wees om ’n vergrote toernooi slegs in Katar aan te bied.

Saoedi-Arabië, die Verenigde Arabiese Emirate, Bahrein en Egipte het in Junie 2017 ’n diplomatieke en handelsboikot teen Katar geloods, wat sake kan bemoeilik. Dié lande het Katar daarvan beskuldig dat hy terrorisme ondersteun, wat dié land ontken het.

Fifa het verlede jaar besluit om die toernooi van 2026 af van 32 na 48 spanne uit te brei, maar sedertdien het Infantino dit sterk begin oorweeg om dié verandering van 2022 reeds van krag te maak.

Katar sê hy gaan nie ’n finale besluit neem voordat hy die uitslae van ’n volhoubaarheidstudie van Fifa sien nie.

– Reuters

Meer oor:  Gianni Infantino  |  Katar  |  Wb-Sokker  |  Wêreldbekersokker  |  Fifa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.