Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Italië stel mediese riglyne vir Serie A
Die Serie A is sedert 9 Maart weens die Covid-19-pandemie opgeskort. Foto: Getty Images

Italië se sokkerbeheerliggaam (FIGC) het begin om mediese riglyne vir die moontlike hervatting van die Serie A-seisoen op te stel.

Dié land se topliga is sedert 9 Maart weens die Covid-19-pandemie opgeskort.

Die FIGC sê sy mediese komitee het Woensdag ’n videokonferensie gehou “om ’n waarborg-protokol vir sokker te analiseer en te bepaal sou sportaktiwiteite toegelaat word om voort te gaan”.

ESPN berig die Serie A-seisoen was naastenby tweederdes afgehandel toe dit onderbreek is. Die FIGC wil dit voltooi om finansiële skade te beperk. Die beheerliggaam sê hy is bereid om die seisoen tot September of Oktober uit te rek indien nodig.

Italië is een van die lande in die wêreld wat die hardste deur die pandemie getref is met 124 632 bevestigde gevalle. ’n Klompie Serie A-spelers tel onder diegene wat met die virus besmet is.

“As en wanneer ons toestemming ontvang om voort te gaan, moet die sokkergemeenskap gereed wees,” sê Gabriele Gravina, president van die FIGC.

“Indien ’n mens in ag neem die rol wat sokker in die Italiaanse gemeenskap speel, is ek oortuig dat ons ’n belangrike bydrae tot die hele land kan maak.”

Die FIGC sê die protokol sal bepaal watter toetse gedoen moet word op spelers wat voorheen die virus opgedoen het “met spesifieke fokus op die asemhalings- en hartbloedvatstelsel.”

– Sportredaksie

Meer oor:  Koronavirus  |  Covid-19  |  Figc  |  Sokker  |  Serie A
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.