Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Jong Evidence maak naam teen Uganda
Evidence Makgopa (links) teken sy eerste doel vir Bafana Bafana aan in die stryd teen Uganda. Foto: Gallo Images

Die land se groot sokkerklubs sal opnuut in die rigting kyk van Evidence Makgopa ná sy twee doele in sy buiging vir Bafana Bafana teen Uganda Donderdagaand in die Orlando-stadion.

Dié doelskieter van Baroka het gewys waarom hy ná die plaaslike seisoen vereer is as Belowendste Speler van die Seisoen toe hy as plaasvervanger twee keer in die kol was in Suid-Afrika se sege met 3-2 in die vriendskaplike wedstryd teen die Cranes.

Suid-Afrika se waarnemende afrigter, Helman Mkhalele, het vooraf die spelers uitgedaag om hul eie geskiedenis te maak.

Die 21-jarige Makgopa het geluister.

Hoewel Suid-Afrika nie baie oortuigend was nie, was die spel van die nuweling, asook Bongokuhle Hlongwane, wat as plaasvervanger ook ’n doel in sy eerste wedstryd aangeteken het, bemoedigend.

Hoewel Suid-Afrika nie baie oortuigend was nie, was die spel van die nuweling, asook Bongokuhle Hlongwane, wat as plaasvervanger ook ’n doel in sy eerste wedstryd aangeteken het, bemoedigend.

’n Kopskoot van Ibrahim Orit het Uganda in die 17de minuut laat voorloop. Die besoekers moes met 2-0 voorgeloop het, maar die kaptein, Emmanuel Okwi, het met net die SA doelwagter, Ronwen Williams, voor hom sy poging wyd geskop.

Uganda het die eerste helfte gelyk of hy Suid-Afrika gaan skok en het trouens tot in 62ste minuut nog voorgeloop toe Makgopa byderhand was om ’n dwarsaangee af te rond.

Mkhalele sê dit kan toegeskryf word aan ’n gebrek aan ervaring van die spelers en dalk ook omdat hul senuwees geknaag het.

Hy wys daarop dat hulle nie juis aan kombinasies kon werk nie, omdat hulle net twee oefensessies gehad het.

Die spelers het boonop nog nie saamgespeel nie.

“Dit het alles bygedra dat ons sake in die eerste helfte nie so doeltreffend kon uitvoer nie.”

Suid-Afrika se hoofafrigter, Hugo Broos, is in België vir ’n tweede Covid-19-inenting.

Die ander hulpafrigter, Cedomir Janevski, is positief getoets vir die koronavirus op die vooraand van die wedstryd. Dít nadat ses spelers, wat die sterdoelskieter Percy Tau insluit, ook vroeër positief getoets is.

Mkhalele was trots op hul spel in die tweede helfte waarin hulle met 3-1 die voortou geneem het voor Uganda reg aan die einde weer in die kol was ná ’n hoekskop. – Sportredaksie, Safa.net, Sport24

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.