Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Juventus: ‘Afpersers’ agter tralies

Die polisie in Italië het Maandag 10 hoofde van Juventus-ondersteunersklubs in hegtenis geneem omdat hulle daarvan verdink word dat hulle dié sokkerklub afgepers het in ’n poging om gratis kaartjies te bekom.

Juventus-ondersteuners by ’n Serie A-wedstryd vroeër vanjaar.Foto: Getty Images

Die ondersteunersklubs verkoop dan glo die kaartjies op die swartmark en maak ’n vet wins.

Die 10 ringleiers tel onder 37 persone wat daarvan beskuldig word dat hulle die klub, die Serie A-kampioen in Italië, gedreig het dat hulle oproer by wedstryde sou maak en rassistiese krete skreeu as hulle nie gratis kaartjies gegee word nie.

Die inhegtenisnemings volg ná ’n jaarlange ondersoek deur ’n spesiale polisie-eenheid.

Dié eenheid het tydens sy operasie Maandag plekke in 14 dorpe en stede in die noordelike en sentrale deel van Italië deursoek. – Reuters

Meer oor:  Polisie  |  Korrupsie  |  Juventus  |  Afpersing  |  Serie A
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.