Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Kai Rooney (11) kry kontrak by Man United
Wayne Rooney en sy seun Kai met die beroemde nr. 10-United-trui. Foto: Instagram

Wayne Rooney se 11-jarige seun, Kai, het ’n kontrak met Manchester United gesluit.

Rooney (35), ’n voormalige doelskieter van United en die Engelse nasionale span, het ’n foto op Instagram gedeel waar hy en sy vrou, Colleen, toekyk hoe Kai dokumente onderteken.

Daar is ook ’n foto waar Kai ’n nr. 10-United-trui vashou – die nommer wat sy pa vir die beroemde Premierliga-klub gedra het – met sy van op die agterkant.

“Trotse dag. Kai teken vir Manchester United. Hou vol met die goeie werk, seun,” sê Rooney.

Engeland se voorste doelevraat het sy beroepsloopbaan by Everton begin en hom in 2004 by United aangesluit. Hy is ook die klub se voorste doelevraat met 253 suksesvolle pogings in 559 verskynings in 13 jaar by Old Trafford.

Rooney is in 2017 terug na Everton voordat hy ’n jaar later in die VSA vir die MLS-span DC United begin speel het.

Hy het in Januarie vanjaar na Engeland teruggekeer en is nou doenig as speler-afrigter by Derby County.

– Reuters

Meer oor:  Wayne Rooney  |  Manchester  |  United  |  Engelse Premierliga  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.