Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Kaizer Chiefs hof toe oor Fifa-verbod
Dax Andrianarimanana (regs) vir Kaizer Chiefs in aksie. Foto: Gallo Images

Die Suid-Afrikaanse glanssokkerklub Kaizer Chiefs gaan hom tot die Internasionale Hof vir Sportarbitrasie (CAS) wend nadat die spel se wêreldbeheerliggaam (Fifa) hom verbied het om enige nuwe spelers tot en met die einde van volgende seisoen te kontrakteer.

Dié verbod is ingestel nadat Fifa bevind het die Chiefs het in 2018 ’n internasionale speler van Madagaskar, Andriamirado (Dax) Andrianarimanana, op onregmatige wyse gekontrakteer.

Andrianarimanana is ook vir die volgende vier maande geskors.

Volgens Fifa het dié speler nog ’n bindende kontrak met Fosa Juniors, sy klub in Madagaskar, gehad toe die Chiefs hom destyds gewerf het.

Die Chiefs betwis dié bevinding en het op sy webwerf aangekondig dat hy van plan is om by CAS appèl aan te teken.

– TeamTalk

Meer oor:  Cas  |  Kaizer Chiefs  |  Fifa  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.