Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Kampioenklub smelt trofee vir ondersteuners

Ajax Amsterdam het ’n vindingryke plan beraam om sy ondersteuners te beloon vir hul geduld in ’n triomfantelike seisoen waarin toeskouers byna geen wedstryde kon bywoon nie.

Ajax Amsterdam gaan sy Eeredivisie-trofee letterlik met sy ondersteuners deel. Foto: Getty Images

Die Nederlandse sokkerreus gaan sy Eredivisie-trofee laat smelt om klein silwer sterretjies te maak en aan sy meer as 42 000 seisoenkaartjiehouers te gee.

Elke ster sal 3,45 g weeg en 0,06 g bevat van die trofee wat aan Ajax oorhandig is vir sy 35ste ligatitel.

Ajax sê hy wil sy welslae met sy ondersteuners deel nadat hulle weens die Covid-19-pandemie verbied is om wedstryde by te woon.

“Ons moes hierdie seisoen byna elke kragmeting sonder ons toeskouers speel. Al was dit die geval het ons elke week hulle ondersteuning ervaar. Op pad na die stadion, op sosiale media en deur persoonlike kontak,” sê Edwin van der Sar, die klub se direkteur.

“Wanneer ons voorheen gesê het ‘hierdie titel is vir julle’ het ons uiting gegee aan hoe ons dit vir ons aanhangers doen. Maar om die trofee met hulle te deel is die beste bewys dat ons dit daadwerklik bedoel. Ons verseker hiermee ons ondersteuners voel ná ’n onstuimige jaar werklik deel van ons sukses.”

Ajax is buiten hul ligatitel ook as die Nederlandse Uitklopbeker-kampioen gekroon. – Reuters

Meer oor:  Eredivisie  |  Ajax Amsterdam  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.