Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Kap spelers se arms af! sê sokker-breier

Die enigste manier om te verhoed dat sokkerspelers strafskoppe afstaan vir handbal is om hul arms af te kap, het Atalanta se woedende breier, Gian Piero Gasperini, gesê nadat sy span met 2-2 teen Juventus gelykop gespeel het in die Italiaanse sokkerliga.

Gian Piero Gasperini, Atalanta se woedende afrigter. Foto: Getty Images

Gasperini se span het twee strafdoele afgestaan vir handbal, wat Juventus, die voorlopers in Serie A, in staat gestel het om ’n gelykopstryd af te dwing.

Albei handbal-oortredings was nie met opset nie, maar die posisies van Marten de Roon en Luis Muriel se arms het teen hulle getel met die beslissings.

“Dis die reëls. Wel, minstens in Italië. Moet ons die spelers se arms afkap?” vra Gasperini.

“Word die reël in enige ander liga in die wêreld so vertolk? Ons moet verander aan hoe ons die reëls vertolk.”

Atalanta lê ná dié wedstryd derde op die puntelys – nege punte agter Juventus met ses wedstryde wat oorbly in die seisoen. – Reuters

Meer oor:  Italië  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.