Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Kaptein los sokker, toer eerder

Vergeet van sokker, vergeet van Covid-19, kom ons gaan kampeer.

Die Spanjaard Diego Castro het besluit om nie langer vir die Aussie-klub Glory te speel nie. Foto: Getty Images

Diego Castro, middelveldspeler en kaptein van Perth se Glory-sokkerspan, sê hy sal die res van die ligaseisoen misloop weens die “onaanvaarbare gesondheidsrisiko”.

Hy en sy gesin gaan met ’n kampeerwa toer, sê hy.

Australië gaan tans gebuk onder ’n nuwe uitbreking van die Covid-19-virus.

Volgens die klub het die 38-jarige Spanjaard besluit om hom nie by sy spanmaats in Nieu-Suid-Wallis aan te sluit nie. Die liga word Vrydag hervat.

Die uitsaaier Fox Sports berig Castro en sy gesin toer in ’n kampeerwa deur Wes-Australië.

“Diego het laat weet sy deelname aan die liga sal ’n onaanvaarbare risiko vir sy gesin inhou,” sê Tony Popovic, die afrigter.

Castro se afwesigheid is ’n terugslag vir Glory, wat vyfde op die punteleer is. Sy vermoë as ’n spelskepper sal gemis word. Die span moet nog ses wedstryde speel voordat die uitspeelronde begin.

Twee verdedigers, Gregory Wuthrich van Switserland en die Suid-Koreaan Kim Soo-Beom, het ook met die inperking huiswaarts gekeer en nog nie teruggekom nie.

Castro is nie enigste speler wat sy rug op Australiese sport gedraai het nie.

Die Griek Panagiotis Kone, wat vir Western United speel, het ook na Europa teruggekeer. Sy kontrak verstryk eers oor ’n jaar.

Melbourne City het ook Dinsdag bevestig dat die Spaanse voorspeler Markel Susaeta die klub verlaat en na Spanje teruggekeer het.

Drie klubs van Melbourne is die naweek uit Victoria na Nieu-Suid-Wallis verskuif. Melbourne gaan tans gebuk onder nuwe Covid-19-gevalle. – Reuters

Meer oor:  Diego Castro  |  Covid-19  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.