Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Itumeleng Khune terug vir Bafana Bafana

Die voormalige kaptein Itumeleng Khune, nie meer die eerste keuse by sy klub nie, is terug as een van die drie doelwagters in Bafana Bafana se sokkergroep.

Itumeleng Khune het rede hê om so te bokspring. Hy is weer ingesluit in Suid-Afrika se sokkergroep. Foto: Gallo Images

Khune is Donderdag ingesluit in die groep van 25 spelers vir die twee kwalifiserende wedstryde om die Afrikabeker-toernooi – tuis en weg – teen Sao Tome & Principe.

Die eerste wedstryd in die FNB-stadion is op 27 of 28 Maart. Die herontmoeting op die Wes-Afrika-eiland is op 31 Maart, waar ’n sintetiese veld op die Suid-Afrikaners wag.

Khune het die seisoen nog net vier wedstryde vir Kaizer Chiefs gespeel. Die klub verkies tans vir Daniel Akpeyi van Nigerië as sy doelwagter.

Die 32-jarige Khune is die laaste paar jaar deur beserings gery. Hy het twee jaar gelede sy 91ste wedstryd – die meeste nog as doelwagter – vir Suid-Afrika gespeel.

Die verwagting is dat Ronwen Williams die eerste keuse vandeesmaand teen die Eilandnasie sal wees.

Molefi Ntseki, die nasionale afrigter, het nege veranderinge gemaak aan die groep wat in November teen Ghana en die Soedan gespeel het.

Die twee verdedigers, Gladwin Shitolo van Golden Arrows en Reeve Frosler van Kaizer Chiefs, is die enigste twee nuwelinge.

Brandon Peterson, Wits se doelwagter, was al in die groep, maar moet ook nog sy buiging maak.

Thami Mkhize, Thapelo Morena, Kamohelo Mokotjo en Thato Mokeke kon weens beserings nie oorweeg word nie.

Suid-Afrika is tweede met drie punte in Groep C met ’n sege en ’n nederlaag in sy eerste twee kragmetings.

Die Suid-Afrikaanse groep sal op 22 Maart in Johannesburg saamtrek. – Sportredaksie, Safa.net

SA groep:

Doelwagters: Itumeleng Khune (Kaizer Chiefs), Ronwen Williams (SuperSport United), Brandon Petersen (Wits), Verdedigers: Erick Mathoho (Kaizer Chiefs), Reeve Frosler (Kaizer Chiefs), Buhle Mkhwanazi (Wits), Thulani Hlatshwayo (Wits), Sifiso Hlanti (Wits), Gladwin Shitolo (Golden Arrows), Innocent Maela (Orlando Pirates), Mosa Lebusa (Mamelodi Sundowns).

Middelveldspelers: Thabo Matlaba (Black Leopards), Andile Jali (Mamelodi Sundowns), Themba Zwane (Mamelodi Sundowns), George Maluleke (Kaizer Chiefs), Lebogang Manyama (Kaizer Chiefs), Dean Furman (SuperSport United), Teboho Mokoena (SuperSport United), Lebogang Phiri (Guigamp, Frankryk), Thembinkosi Lorch (Orlando Pirates), Percy Tau (Club Brugge, België), Thulani Serero (Al-Jazira, VAE). Voorspelers: Lebo Mothiba (Strasbourg, Frankryk), Bradley Grobler (Supersport United), Thabiso Kutumela (Maritzburg United). 


Meer oor:  Afrikabeker  |  Itumeleng Khune  |  Bafan Bafana  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.