Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Kiwi hoor in kwarantyn sy’t kanker

Rebekah Stott, wat vir Nieu-Seeland en die Engelse klub Brighton & Hove Albion sokker speel, het Woensdag aangekondig dat Hodgkin-limfoom by haar gediagnoseer is en dat sy die volgende vier maande chemoterapie moet ondergaan.

Rebekah Stott se grootste stryd – teen kanker – lê nou voor. Foto: Getty Images

Dié 27-jarige het dié slegte tyding gekry terwyl sy in Engeland in kwarantyn was, maar sy het intussen na haar huis in Australië teruggekeer.

Stott het Australië op jeugvlak verteenwoordig voordat sy vir haar geboorteland (Nieu-Seeland) op senior vlak begin speel het.

“Ek het geweet iets is nie reg nie. Ek het twee groot knoppe in my nek gehad, wat al hoe groter geword het. Ek was eintlik in kwarantyn toe ek die nuus gekry het dat Hodgkins-limfoon by my gediagnoseer is.

“Ek weet dit gaan nie ’n maklike pad vorentoe wees nie, maar ek wil met ’n positiewe gesindheid deur die proses gaan en probeer om ander kankerlyers aan te moedig en te inspireer om dieselfde te doen.” – Reuters

Meer oor:  Nieu-Seeland  |  Covid-19  |  Kanker  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.