Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Kleiner salarisse, geen bonusse

Die spogklub Barcelona is besig om ’n ooreenkoms met verteenwoordigers van sy spelers en afrigtingspanne te bereik waarvolgens salarisse gesny en bonusse uitgestel gaan word.

Miralem Pjanic van Barcelona tydens die span se kragmeting in groep G van die Uefa-liga teen Dynamo Kyiv. Foto: Getty Images

Die Covid-19-pandemie het veral op finansiële vlak ’n negatiewe uitwerking op die klub gehad.

Barcelona het Vrydag gesê hy verwag om sowat €172 miljoen (sowat R3,14 miljard) te spaar, met €122 miljoen wat uit die vermindering van vaste salarisse vir die seisoen bespaar sal word en ’n verdere €50 miljoen deur bonusse met drie jaar uit te stel.

“Die groep spelers en tegniese personeel wat daardeur geraak gaan word, moet nog die fyner besonderhede van die ooreenkoms goedkeur, wat ons binne die volgende paar verwag,” sê die klub in ’n verklaring.

“Die ooreenkoms sal ’n belangrike mylpaal wees om die huidige ekonomiese situasie te bestuur.”

Barcelona het verlede maand ’n verslag uitgereik waarvolgens hy ’n rekordverlies van €97 miljoen in die 2019-’20- finansiële jaar gely het.

Die klub het vroeër vanjaar ’n tydelike salarisvermindering van 70% in werking gestel in die tydperk van Maart tot Junie. – Reuters

Meer oor:  Salarisverminderings  |  Kampioeneliga  |  La Liga  |  Barcelona
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.