Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Liverpool marsjeer voort
Klopp-disselboom vir Liverpool

Die pad na glorie in die Engelse Premierliga is byna uitgestippel, maar steeds hang daar ’n waas van onsekerheid in die wandelgange van Liverpool se sokkerklub omdat dinge die afgelope 30 jaar gereeld verkeerd geloop het.

Wie gaan ons keer? Liverpool se Trent Alexander-Arnold nadat hy Donderdag ’n doel teen Leicester City aangeteken het. Foto: getty images

Liverpool het op Welwillendheidsdag sy beste vertoning van die seisoen gelewer toe hy Leicester City, wat tweede in die liga is, met 4-0 oorrompel het . . . en die wentelling kon selfs groter gewees het.

Liverpool (52 punte ná 18 wedstryde) is nou 13 punte voor Leicester City (39 punte ná 19 wedstryde) en 14 punte voor Manchester City (38 ná 19), wat Vrydag onverwags met 2-3 teen Wolves verloor het nadat City met 2-0 voor was. Liverpool se voorsprong is die grootste in die Premierliga sedert Manchester United se oorheersing in 1993-’94 – toe United maklik as kampioen gekroon is.

Pep Guardiola, afrigter van Manchester City, het toegegee dat Liverpool nie meer ingehaal sal word nie. “Die voorsprong is te groot, ja,” het Guardiola gesê nadat sy span sy vyfde kragmeting dié seisoen verloor het, een meer as in 2018-’19, toe City die ligakroon gedra het.

Liverpool se oorheersing spruit uit sy onwrikbare spangees, samespel, ervaring, diepte en wil om te wen.

Brendan Rodgers, Leicester City se afrigter, sê die skaal is oorweldigend in Liverpool se guns. “Hulle is wenners en het geen (liga-)wedstryde die afgelope 18 maande verloor nie. Hulle het baie spelers van gehalte en het die nodige ervaring om deur te trek,” het Rodgers gesê.

Die Reds het sedert Maart vanjaar 26 oorwinnings uit ’n moontlike 27 ligawedstryde behaal en het net een keer gelykop gespeel.

Die BBC sê Liverpool is só seker van die titel dat net ’n ramp, soos in 1956 se Grand National toe die koningin se spogperd Devon Loch kort voor die wenpaal gestruikel en geval het, die Reds van die titel kan weerhou.

Maar die Reds se afrigter, Jurgen Klopp, stem nie saam nie.

“In my ore klink dit nie na ’n uitgemaakte saak dat die liga beklink is nie. Ons probeer alles in ons vermoë doen om reg te wees vir ons volgende paar wedstryde,” het Klopp gesê.

Maar wie kan teen die feite stry? Vir Liverpool om sy titelkanse op te foeter sal hy vier van sy laaste 20 ligawedstryde moet verloor . . . en dan moet sy teenstanders onoorwonne bly.

  • Liverpool, wat in 1892 gestig is, het die Engelse Premierliga (en sy voorloper) reeds 18 keer gewen. Die laaste keer was 30 jaar gelede, in 1990.
  • Liverpool het sy eerste beker in 1892-’93 gewen, toe hy die Lancashire-liga beklink het.
  • Liverpool is reeds drie keer afgeskuif, die laaste keer in 1953-’54, toe die Reds vir agt seisoene in die Tweede Liga geploeter het.– Sportredaksie, BBC, Skysports.com

Vandag se bepalings:

  • Arsenal t Chelsea; Liverpool t Wolves; Manchester City t Sheffield United.
Meer oor:  Liverpool  |  Engelse Premierliga
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.