Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Klopp looi uitsaaiers oor druk program

Jürgen Klopp, Liverpool se gerespekteerde afrigter, het Sondagaand teen SkySports en BT Sports uitgevaar en meen dat die druk sokkerprogram tot beserings lei.

Klopp het gepraat ná sy span se indrukwekkende oorwinning met 3-0 oor Leicester City.

Jürgen Klopp, afrigter van Liverpool, gee die druk program die skuld vir die talle beserings wat sokkerspelers opdoen. Foto: Getty Images

Klopp is ná die wedstryd deur Sky gevra hoekom hy tot die 89ste minuut van die wedstryd gewag het om twee van sy drie plaasvervangers op die veld te stuur.

Klopp het toe losgetrek teen die getal wedstryde wat kort op mekaar gespeel word.

“Die rede hoekom ons só laat die veranderinge gemaak het, is omdat ons die hele tyd bang is dat ’n speler ’n besering gaan opdoen. Dis hoekom jy nie vroeër veranderinge kan maak nie.

“As jy dit doen en ’n ander speler word beseer, kan jy ’n wedstryd met nege spelers voltooi,” het Klopp gesê.

“Dit gaan oor al die spelers, al die Engeland-spelers wat einde van die seisoen aan die Europese Kampioenskap moet deelneem. As julle (Sky) nie met BT gaan praat nie, is ons klaar,” het Klopp gesê.

Die huidige Premierliga-seisoen het laat begin weens die Covid-pandemie en dieselfde getal wedstryde word nou in ’n korter tydperk ingedruk.

Die 53-jarige Duitser glo die druk program van die Premierliga, wat deur Sky en BT uitgesaai word en die Europese Kampioeneliga, wat deur BT uitgesaai word, lei tot meer beserings.

• Klopp het intussen gesê die Egiptiese doelskieter Mo Salah, wat die wedstryd misgeloop het nadat hy positief getoets is vir Covid-19 terwyl hy op internasionale diens was, het negatief getoets en kan weer begin oefen.

“Hy is nou weer normaal en kan weer oefen. Hy sal Maandag deur Uefa getoets word (voor die week se Kampioeneliga-wedstryde).”

“Hy sal twee keer in die volgende twee dae getoets word.”

Klopp het ook bevestig die middelveldspeler Naby Keita het ’n dyspierbesering teen Leicester opgedoen. – Reuters

Meer oor:  Liverpool  |  Jürgen Klopp  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.