Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Klopp stomgeslaan oor Liverpool
Tottenham Hotspur se Son Heung-Min nadat Spurs Sondag vir Aston Villa met 3-2 geklop het ná ’n doodsnikdoel deur Son. Foto: Reuters

Jurgen Klopp, afrigter van Liverpool se sokkerspan, sê hy is nie slim genoeg om sy span se byna onaanvegbare posisie in die Engelse Premierliga te verstaan nie.

Liverpool het Norwich City Saterdag met 1-0 geklop om sy voorsprong in die liga verder te vergroot en die rekordboeke weer te herskryf.

Liverpool (76 punte) is nou onoorwonne in 43 ligawedstryde, net ses kort van Arsenal se algehele rekord van 49 oorwinnings.

Die Reds het ’n ongelooflike 102 punte uit 105 behaal en het hul 35ste opeenvolgende oorwinning in 36 wedstryde behaal – die gelykopuitslag van 1-1 teen Manchester United in Oktober was die enigste spoedhobbel.

Hulle het nou 17 wedstryde in ’n ry gewen, slegs een minder as Man United se algehele rekord. Net een span kon boonop die afgelope 11 wedstryde ’n doel teen Liverpool aanteken.

“Die gaping (Liverpool is nou 26 punte voor Manchester City) is só gek, ek begryp dit nie heeltemal nie. Ek is nie slim genoeg nie. Ek het dit nog nooit voorheen beleef nie. Dit is ongelooflik, so moeilik . . .” het Klopp aan die BBC gesê.

“Ná die wedstryd gaan ek kleedkamer toe en praat ons oor dinge en dan . . . o, maar geluk, ons het weer gewen, nog drie punte.”

  • Tottenham Hotspur se Son Heung-Min het Sondag Spurs se wendoel in die 94ste minuut van hul wedstryd teen Aston Villa aangeteken.

Spurs (40 punte) is nou vyfde op die puntelys agter Liverpool (76), Manchester City (51), Leicester City (45), en Chelsea (41).

  • Manchester United se afrigter, Ole Gunnar Solskjaer, het intussen sy span aangemoedig om Chelsea Maandagaand te klop om sodoende in die wedloop vir ’n topvier-plek te bly.

United is in die negende posisie, maar kan tot binne drie punte van die vierde span opskuif as hy Chelsea sou klop.

– Sportredaksie, TeamTalk

Meer oor:  Liverpool  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.