Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Kommentators toon rasse vooroordeel

Televisiekommentators is meer geneig om lof vir sokkerspelers met ’n ligte velkleur te hê en beskryf hulle as intelligenter en meer hardwerkend as swart spelers, het ’n Deense maatskappy RunRepeat bevind.

Patrick van Aanholt van Crystal Palace sit Maandag met sy vuis in die lig gedurende ’n Black Lives Matter-seremonie voordat sy span teen Burnley op Selhurst Park te staan gekom het. Foto: Getty Images

Die beroepsvereniging vir sokker (PFA) het RunRepeat aangestel om die studie te doen.

2 073 uitlatings van Engelssprekende kommentators in meer as 80 wedstryde in Italië se Serie A, Frankryk se Ligue 1, die Spaanse La Liga en die Engelse Premierliga (in die 2019/’20-seisoen) is onder die vergrootglas geplaas.

643 spelers van verskillende ras en velkleur het in wedstryde ter sprake gekom.

Daar is bevind dat lof vir spelers met “donkerder gelaatstrekke” aansienlik meer beperk word tot hulle fisieke voorkoms en atletiese vermoëns soos vaart en krag.

Sowat 62% van die lof was vir spelers met ’n ligter velkleur, terwyl swart spelers 63,3% van die kritiek gekry het.

“Om die ware uitwerking van strukturele rassisme te takel, moet rasvooroordeel erken word.

“Die studie wys duidelike vooroordeel wanneer daar kommentaar gelewer word oor sokkerspelers,” sê Jason Lee, die PFA se hoof van gelykheid.

“Kommentators help om die opvattings wat ons oor spelers het, te vorm.

“Dit kan die rasvooroordeel wat kykers kan hê, verdiep en dit is belangrik om te besef watter invloed die persepsies op spelers het, selfs nadat hulle uitgetree het.

“Die werklikheid is dat ’n speler wat aspirasies het om later ’n afrigter te word, ’n onregverdige voordeel sal hê as daar na hom verwys word as intelligenter en meer hardwerkend.”

Die studie kom in ’n tyd wat rassisme en rasse-vooroordeel wêreldwyd aan die groot klok gehang word ná die opspraakwekkende dood van George Floyd op 25 Mei in Minneapolis in die VSA. – Reuters

Meer oor:  Rassisme  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.