Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Koreas speel in leë stadion teen mekaar

Die aartsvyande Noord- en Suid-Korea het mekaar Dinsdag op die sokkerveld gepak – hul eerste sokkerwedstryd in die Noorde in 30 jaar – maar geen toeskouers is in die Kim Il Sung-stadion in Pjongjang toegelaat nie en regstreekse TV-dekking ook nie.

Daar was ook geen doele in dié kwalifiserende Wêreldbeker-wedstryd nie.

Die sokkerbaas Gianni Infantino Dinsdag met sy aankoms in Pjongjang, Noord-Korea. Foto: AP

Die laaste keer toe dié spanne ’n kwalifiserende wedstryd gespeel het, was tien jaar gelede in Seoel, Suid-Korea, toe die Noorde met 0-1 verloor het. Hulle het daarna die Suid-Koreane daarvan beskuldig dat hul spelers se kos vergiftig is.

Die twee lande is tegnies gesproke nog in ’n burgeroorlog gewikkel, want hulle het ’n wapenstilstand bereik maar nie ’n vredesooreenkoms nie.

Daar was verlede jaar ’n opflikkering van diplomasie tussen die Koreas toe ’n gesamentlike yshokkiespan aan die Olimpiese Winterspele in Suid-Korea deelgeneem het.

Dit was die deurbraak vir ’n reeks berade tussen die Noorde se leier Kim Jong-oen en pres. Moon Jae-in van die Suide. Die Koreas het selfs begin praat oor ’n gesamentlike bod om 2032 se Somerspele aan te bied.

Maar betrekkinge het sedertdien weer afgekoel en samesprekings het ’n dooiepunt bereik oor die Noorde se kernwapens en kortafstand-missiele.

By Dinsdag se wedstryd is albei lande se volksliedere gespeel en albei se vlae het gewapper.

Kim Jong-oen van Noord-Korea. Foto: Reuters

Noord-Korea het egter geweier dat die wedstryd op TV uitgesaai word en geen toeskouers is toegelaat nie.

Die Suid-Koreaanse media is ook nie toegelaat nie. Net sowat 30 personeellede van die Suid-Koreaanse Sokkervereniging het akkreditasie gekry.

Noord-Koreaanse media het nie oor die wedstryd berig nie.

Gianni Infantino, president van Fifa, die wêreldbeheerliggaam, het die wedstryd bygewoon en gesê hy was “teleurgesteld om te sien dat daar geen toeskouers was nie”.

“Daar is verskeie kwessies soos die regstreekse uitsending en visumprobleme en toegang vir buitelandse joernaliste.”

Infantino het bygevoeg persvryheid en spraakvryheid is belangrik vir Fifa.

Suid-Korea se groep, onder wie die doelskieter Son Heung-min, het Maandag via Beijing in Pjongjang aangekom, pleks van die korter roete oor die gedemilitariseerde sone tussen die twee Koreas. – Reuters

Meer oor:  Kim Il Sung-Stadion  |  Pjongjang  |  Noord-Korea  |  Sokker  |  Suid-Korea
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.